Donasies

HOE KAN ONS HELP

Athalia Uitreik is ‘n Geregistreerde welsynorganisasie sonder winsbejag.  Die organisasie strewe daarna om soveel moontlike bejaarde en gestremde persone te bereik wat nie meer in die huidige ekonomiese omstandighede op hul eie kan oorleef of wie se families nie oor die finansiele vermoëns beskik om na hul te kyk.

Die grootste teiken groep is mense wat van die staat se SASSA of soortgelyke inkomste afhanklik is.

WAT SE UITDAGINGS BIED DIT VIR ATHALIA UITREIK?

Athalia Uitreik ontvang geen subsidie vanaf enige instansies of regering.

Athalia verskaf 3 etes per dag aan inwoners met ‘n minimum inkomste en is afhanklik van die ondersteuning en bystand van die publiek en sakesektor.

Die SASSA pensionarisse is afhanklik van die staat vir hul mediese versorging en medikasie wat nie altyd vrylik beskikbaar is nie.

Die SASSA pensionarisse wat afhanklik is vir die ontvang van volwasse doeke vanaf die staat ontvang geen doeke, daar is nie fondse beskikbaar.

Help vul die Kruidenierskas

Help ons om die lewens van diegene by Athalia Huise te verander.

Athalia bied kritiese ondersteuning en sorg aan bejaardes, en ons het jou hulp nodig om hul kruidenierskas aan te vul.

WENSLYS:

Droë Voedsel: rys, pasta, mieliemeel, bone, oats.

Blikkieskos, groente, vleis, sop, vis

Ontbytgraan, mieliepap, koringkos

Persoonlike Sorg: tandepasta, tandeborsels, seep, sjampoe, toiletpapier.

Waspoeier.

Athalia Uitreik se leuse is: *CHRISTEN GENOEG OM GOD ROEKELOOS TE VERTROU*

Athalia bestuur huur huise teen markverwante pryse en betaal munisipale tariewe soos enige ander huishouding.

Die inwoners se losiesgeld per maand word aangewend om die genoemde kostes te dek, voedsel aan te koop, vervoer van en na hospitale en klinieke asook administratiewe uitgawes soos telefoon kostes, salarisse ens.

Donasies en skenkings help om die begrotings tekort aan te vul en dra by dat die inwoners goed versorg word.

Die organisasie is aangewese op borge vir hul webtuiste, drukwerk ens.

GEMEENSKAP BETROKKENHEID

Athalia Uitreik ontvang geen staatsubsidie of enige subsidie van enige aard en is afhanklik van borge & donasies vanaf die publiek en sake sektor vir voortbestaan. Donasies en skenkings help om die begrotings tekort aan te vul en dra by dat die inwoners goed versorg word.

Die publiek word uitgenooi om die inwoners te besoek.

BANKBESONDERHEDE

Athalia Uitreik

Eerste Nasionale Bank

Tak: Southern Centre Takkode 25 20 05

Rek no: 62 348 802 150

Swift Kode: FIRNZAJJ