Athalia Uitreik
Alles oor ons
Athalia Uitreik is op 23 Februarie 2012 gestig toe ‘n groepie bejaarde persone besluit het hulle is moeg om tussen huise geskuif te word en nie meer rond wil trek nie. Hulle wou ‘n tuiste en veilige hawe vind waar hulle permanent kon bly. Hierdie persone was inwoners van ‘n organisasie wat besluit het om die aantal huise wat mense huisves te verminder, en hulle is in kennis gestel dat hulle binne 24 uur verskuif sou word na verskillende huise.
Tydens hierdie onsekerheid het die persone tuisgegaan in ‘n huis op Stalsweg 22B, Wilgehof, Bloemfontein. Annélize van der Walt, die eggenote van die eienaar van die huis, is genader en gevra of sy en haar man nie hulle huis sou wil omskep in ‘n permanente tuiste vir die persone nie. Na gebed en konsultasie met Ans Coetzee, wat uitgetree het by ‘n ander organisasie en as raadgewer betrokke was, is daar besluit dat hierdie huis gebruik sou word as ‘n tuiste en ‘n belangrike gemeenskapsdiens sou lewer.
Daar is ‘n voortdurende groot behoefte om uit te reik na persone wat nie meer ‘n bestaan kan maak in die huidige ekonomiese klimaat nie. Daarom is besluit om ‘n nie-winsgewende Uitreik Aksie te stig en ‘n permanente Tuiste te skep vir hierdie inwoners en ander in nood.
Die naam Athalia Uitreik is gekies, wat van Hebreeuse oorsprong is en beteken “God is verhewe” of “die Here is magtig”.
.
Athalia Uitreik is nie ‘n mediese of sielkundige sentrum nie, maar verskaf verblyf met persoonlike versorging en hulp.
Tariewe vir versorgings bystand is onderhandelbaar na gelang van die aard en behoeftes van die inwoner.

DIENSTE & VOORDELE
- Verblyf met 3 etes per dag ingesluit aan alle inwoners
- Verblyf met Versorging bystand aan bedlêende, Psigies, & Fisies inwoners
- Gestremde asook Verstandelike Gestremde Persone
- Verblyf met Versorging bystand aan Alzheimer & Demensia persone
- Chaperone Dienste
- Skoonmaakdienste ingesluit by Versorging Bystand
- Wasgoed dienste ingesluit by Versorging Bystand

Spesiale Ondersteunings Dienste
-
Opgeleide geregistreerde verpleegkundiges en gesondheidswerkers.
-
Psigiese ondersteuning en advies.
-
Geestelike en emosionele ondersteuning.
-
Sterwensbegeleiding.
-
Geestelike versorging deur ‘n span interkerklike beraders vanuit verskillende kerklike denominasies.
-
Liefde, omgee en deernis vir inwoners

ALLE VERBLYF SLUIT 3 ETES PER DAG ASOOK ELEKTRISITEIT EN WATER IN

VERBLYFHUISE (LOSIESHUISE KONSEP)
- Inwoners woon selfstandig en is verantwoordelik vir hul eie wasgoed en die skoonmaak van hul huis. Kruideniers word weekliks uitgereik, en die inwoners besluit selfstandig wat hulle vir etes gaan voorberei en wie dit gaan maak.

HUISE SEMI-BYSTAND
- Inwoners woon selfstandig en het bystand met skoonmaakdienste en hul wasgoed. Daar word ook gehelp met die beheer van medikasie en die neem van daaglikse waarnemings, asook Chaperone-dienste van en na hospitale en klinieke. Kruideniers word weekliks uitgereik, en die inwoners besluit selfstandig wat hulle vir etes gaan voorberei en wie die etes gaan maak.

HUISE 12 UUR PER DAG VERSORGING BYSTAND
- Inwoners ontvang 12 ure per dag versorging, insluitend hulp met selfversorging soos bad/stort, hare was, liggaamsversorging insluitend naelversorging, en ook die beheer van medikasie en die neem van daaglikse waarnemings. Chaperone-dienste van en na hospitale en klinieke is ook ingesluit. Die verblyf sluit skoonmaakdienste en wasgoed in, en kos word deur die personeel voorberei.

HUISE 24 UUR PER DAG VERSORGING BYSTAND
- Inwoners ontvang 24-uur per dag versorging wat bad/stort, hare was, liggaamsversorging insluitende naelversorging, en hulp aan bedlêende pasiënte insluit. Dit sluit ook die beheer van medikasie, die neem van daaglikse waarnemings, asook Chaperone-dienste van en na hospitale en klinieke in. Die verblyf sluit skoonmaakdienste en wasgoed in, en kos word deur die personeel voorberei.

HUISE MET 24 UUR PER DAG DEMENSIA/ALZHEIMER BYSTAND
- Inwoners ontvang 24-uur versorging wat bad/stort, hare was, liggaamsversorging insluitende naelsorg, en hulp aan bedlêende pasiënte insluit. Dit sluit ook die beheer van medikasie, die neem van daaglikse waarnemings, asook Chaperone-dienste van en na hospitale, klinieke ensovoorts in. Die verblyf sluit skoonmaakdienste en wasgoed in. Kos word deur personeel voorberei. ADASA, die Demensia/Alzheimer Vereniging, besoek die huis gereeld, en die nodige opleiding word aan personeel verskaf.